Oor Ons
Wie is ParkKruin gemeente
By NG Parkkruin Familiekerk is ons meer familie as ‘n gemeente. Ons is ‘n familie wat saam daarna streef om in geloof te groei en ons geloofsreis te verdiep. Ons streef om ‘n tuiste te skep waar jy as individu God kan ontmoet en deel in geloof en dieper ontdekking van wie God die drie enig is.
Ons Geloof oortuigings
Ons Kenteken
Ons kenteken vertel baie van wie ons is maar hier is ‘n paar kern elemente:
- Loodglas — die kleurvolle, verskillende vorms wys ons diversiteit, maar almal kry ‘n plek rondom die kruis van Jesus. God se lig skyn uniek deur elkeen van ons.
- Boom — ‘n herinnering dat ons diep wortels in die Bybel en God se boodskap moet hê, nie net oppervlakkige, vinnige antwoorde nie. Dit verwys ook na die Parke-omgewing waarin die gemeente is.
- Kerktoring — ‘n landmerk wat rigting na Bo gee vir mense wat verdwaal het. Dit steek ‘n grens oor die grys stadsgeboue in die agtergrond — ‘n herinnering dat ons nie by ons veilige kring moet bly nie, maar die evangelie ook na buite moet dra.
Kernboodskap: Ons is op ons beste wanneer ons saam kuier en gee, dieper in ons geloof groei, en na buite reik met die evangelie – in ‘n stad vol mense wat na sin en lig soek.
belangrike vrae en antwoorde
Wat behels ons eredienste?
Ons streef daarna dat die volgende eienskappe kenmerkend van ons erediens sal wees:
- God is die fokus.
- Die Bybel word uitgelê.
- Die Evangelie word gehoor.
- Doop en nagmaal word bedien.
- Kinders en babas word gehoor.
- Klassieke en kontemporêre musiek word gespeel.
- Elkeen voel tuis – ongeag kleure, klere, ouderdom of sondige geneigdheid – ons almal is radikaal afhanklik van God se genade in die skadu van die Kruis.
Wat bied ons vir die jonger generasie?
Na ‘n kindermoment in die erediens word kinders genooi om die
kinderkerk by te woon. Hier word telkens ‘n verhaal uit die
Kinderbybel gelees en dan word die kinders gelei om op
ouderdomsgepasde wyse met die teks om te gaan.
Groeigrondjies (Kleuterfase tot en met Gr.R): Die kinders luister saam na die Kinderbybel verhaal en kry dan ‘n aktiwiteit om te doen. Ouers van die kinders maak beurte om dit te lei. Kinders jonger as 4 moet asseblief deur ‘n ouer vergesel word.
Woordwortels (Gr.1-6):
Gr. 1 – 2: “Wat het in die storie gebeur?” “Waarvan het jy gehou?” “Wat het jy nie verstaan nie?” Mentor probeer kortliks van toepassing maak op ons lewens.
Gr. 3 – 4: “Wat het in die storie gebeur?” “Waarvan het jy gehou?” “Wat het jy nie verstaan nie?” “Wat het jy van God raakgesien in die verhaal?” “As dit is hoe God is, hoe dink jy moet ons dan wees?”
Gr. 5 – 6: “Wat het in die storie gebeur?” “Waarvan het jy gehou?” “Wat het jy nie verstaan nie?” “Wat het jy van God raakgesien in die verhaal?” “As dit is hoe God is, hoe dink jy moet ons dan wees?” Vrae is op ‘n bladsy getik en daar is plek waar hulle kan invul. Die kinders kry ‘n leêr waarin al hulle werkies gebêre word. Ouers kan na afloop van die kwartaal daarna kyk.
Register word vir elke groep gehou en elke kind wat ten minste 20 sessies deur die jaar bygewoon het ontvang ‘n eremerk op hul Geloofsboom. Kinders wat net 5 of minder sessies gemis het ontvang ‘n spesiale geskenkie aan die einde van die jaar.
Tienertakke (Gr.7-11):
Gr. 7 – 10: Geloofsoordrag is in die eerste plek die verantwoordelikheid van die ouers. Ons bied kategesemateriaal wat ouers weekliks saam met hul kinders kan deurwerk.
Ons het ook in die erediens ‘n kategese-oomblik waarin ons hoofsaaklik op die Belydenisskrifte van die kerk fokus. Tieners kan na afloop van die erediens die register in die raadsaal teken en die teenwoordige mentor enige vrae vra wat tydens die erediens by hul opgekom het. Daar is nie formele kategese na kerk nie.
Elke tiener wat ten minste 25 eredienste (fisies of per stroomdiens) bygewoon het, word aan die einde van die jaar daarvoor erken.
Ons onderneem om maandeliks ‘n sosiale geleentheid vir die tieners aan te bied.
Belydenisjaar:
Enigiemand wat alreeds 25 eredienste bygewoon het en gereed voel daarvoor, kan inskryf vir die Belydenis-program wat bestaan uit ‘n aantal sessies en een konferensie. Na afloop van die kursus doen die persone openbare belydenis van hul geloof tydens ‘n spesiale erediens.
Wat behels ons Kerkraad?
Kerkraad
Die kerkraad van die NG Kerk is die plaaslike regerende liggaam van ‘n gemeente, verantwoordelik vir die geestelike en administratiewe leiding van die gemeente. Parkkruin se kerkraad bestaan uit genomineerde en verkose gemeentelede. Nominasies word na die kerkkantoor gestuur of word per geleentheid tydens eredienste op nominasievorm ingevul, waarna daar tydens ʼn kerkraadsvergadering tyd in gebed en gesprekvoering spandeer sal word, voor persone verkies word tot die kerkraad. ʼn Termyn op die kerkraad duur 2 jaar, met ʼn moontlikheid van herverkiesing vir nog 2 jaar; 4 Jaar maksimum. Jaarlikse verkiesing van die Voorsitter en Ondervoorsitter vind plaas tydens die November kerkraadsvergadering.
Die kerkraad bepaal, saam met die predikant, hoe die gemeente se roeping uitgeleef word en is verantwoordelik vir die bestuur en die versorging van die geloofsgemeenskap.
Kerkraad Portefeuljes:
- Admin en Skakeling
- Barnabas (Dankfees projekte)
- Dagbestuur
- Diensverhoudinge (HR)
- Droom-projekte
- Erediens & Gebed
- Fasiliteite en Eiendomme
- Finansies
- Gasvryheid
- Jeug
- Jong Volwassenes
- Leraarversorging
Wat Glo Ons?
Parkkruin Familiekerk is ‘n Nederduits Gereformeerde gemeente. Dit wil sê ons staan in die Gereformeerde tradisie waar die Bybel ‘n sentrale plek inneem. Ons geloof word uitgedruk in die drie formuliere van eenheid, nl. Die Heidelbergse Kategismus, Nederlandse Geloofsbelydenis en Dordtse Leerreëls. (Laat dit gerus hier af.)Ons geloof word ook opgesom in die Apostoliese Geloofsbelydenis:
SLUIT AAN BY ons EreDiens of aanlyn
Word deel van ons familie kom skakel gerus in op Sondae 09:00.
Indien jy wonder waar ons geleë druk op “VIND ONS KERK” om aanwysings te kry.
