BArnabas Kommisie
Barnabas is ons gemeentekommissie wat omsien na alle projekte buite die gemeente en word befonds deur die Dankfees. Fondse word verdeel, versprei en aangewend volgens die totale inkomste ontvang vir die Dankfees-projek jaarliks. In Oktober elke jaar skop ons Dankfees-insameling af. Die Dankfees strek van Oktober tot einde Februarie en daar word elke jaar ʼn mikpunt in geloof gestel. Hierdie is ‘n spesiale insameling wat alle projekte BUITE die gemeente befonds. In geloof word projekte elke jaar finansieel ondersteun.
Ons huidige Barnabas-projekte is:
Abraham Kriel Kinderhuis (Sinode) | Lumo Hawk (Oogtoetse en Brille) | REEA: Huis vir epilepsielyers |
Brixton Gemeente – ECD (Early Childhood Development) | MES – Johannesburg | Ring van Johannesburg- Predikanteversorging |
Bybelverspreiding: Bybelgenootskap & Gideons | Moeggesukkel NGO | Senior Groep – Bybelstudie en versorging |
Gemeente uitreike: -Kombersprojek -Afrika Uitreike – Mosambiek | OKLM (Operasie-kas-leeg-maak) | VGK – Orange Farm |
Jan Hofmeyer Gemeenskap & Sopkombuis | Parksorg: Tuiste vir bejaardes; Altzheimer afdeling en siekeboeg | Wesrand skole (Kinders vir kinders) |
* OKLM: Klere, speelgoed, goedere en nie-bederfbare kos kan ook geskenk word en afgelaai word by die kerk, waarna dit versprei word onder ons Dankfees-instansies



