Jong Volwassenes by Parkkruin
Ons is die Jong Volwassenes-groep van Parkkruin. Ons kom gereeld bymekaar om die Here op ʼn informele manier te aanbid en te eer met ‘n Sondagmiddag bybelstudie. Ons doel is om jong werkendes en studente te bereik binne ons gemeente en ook te betrek by ons gemeente. Elke nou en dan geniet ons ‘n middag met ‘n sosiale byeenkoms om vriendskappe en verhoudings te bou. Ons wil graag ’n ruimte skep waar jong volwassenes gemaklik kan voel om hul geloof te deel, vrae te vra en saam in hul verhouding met die Here te groei. Vir meer inligting of om deel te raak, kontak Leney Malan by 071 612 3287
